top of page
Search

Waarom moet ons kerktoe gaan? Sien jou Sondag daar!

Die covidlewe het ons lui gemaak om kerktoe te gaan. En wat so lekker is, ons hoef nie eers ‘n verskoning uit te dink nie – verskonings word vir ons gegee! Ons moet groepe vermy, ons moet registreer, ons mag nie sing nie, ek kan nie solank met ‘n masker aan sit nie, ek sal my plek in die 50 aan iemand anders afstaan. Gerieflike redes, dankie tog daarvoor! Wat maak ‘n kerk ‘n kerk? En waarom moet ons gereeld soontoe gaan?


Daar is baie kulturele-redes soos vriende, kinders se sondagskool, ek moet iets gaan bywoon waarby ek betrokke is. Ons gaan kerktoe omdat ons daar moet gaan dien. Ek moet ‘n mens gaan wees teenoor iemand anders. Ek moet my respek vir die heiligheid aan ander gaan wys. Ek moet ander mense met vriendelikheid gaan groet, en my opregte toegeneendheid gaan beoefen. Ek moet saam met ‘n klomp ander volgelinge van Jesus, in ons saamwees, vir die wêreld die pas gaan aangee in die manier waarop ons dink en doen. Ek moet daar wees, die kerk is die skool, die aanbiddingsplek en die diensterrein van my lewe.


24 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page