top of page
Search

Wat maak ons met ons pyn?

Die Katolieke teoloog Edward Schillebeeckx meen die voorspoedsteologie is besig om sy impak te verloor. Toe ek sy mening hieroor nalees, wonder ek in die stilligheid of hy al van die ooste van Pretoria gehoor het. Daar waar kerke verrys het wat eerder na malls as kerke lyk. Simbole van sukses en voorspoed. Maar nietemin, hy meen as ons hoop om die mense weer oor geloof in God te laat nadink, moet ons vertel hoe geloof ‘n verskil aan ons pyn en lyding maak .... Schillebeeckx voeg by dat die mense nie ‘n triomfteologie nodig het nie, maar ‘n duursame kruisteologie. Mense wil weet wat om met hul pyn te maak.


Wat maak ons met ons pyn? Intuïtief weet ons almal dat dit nie sal help om dit te ontken of te onderdruk nie. Eerskomende Sondag se herinneringsdiens hoop om ‘n veilige ruimte te wees waar ons met ‘n liturgie van lament (klag) begelei word om ons pyn te erken en in ons saamwees by God troos te vind. Soos die versreëls uit die lied van Birdy sê: “People help the people, And if your homesick, give me your hand and I’ll hold it, People help the people”.

6 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page