top of page
Search

“Waterkloof Safe en Jerusalem se muur”

Daar is onsteltenis by sommige mense oor die toegangshekke wat oral rondom Waterkloof opgerig word. Wat gaan aan? Waar gaan ons kan ingaan as ons kerk toe wil kom? Die kort antwoord is dat ons nie seker is nie. As ons reg verstaan is daar nog meningsverskille tussen die oprigters van Waterkloof Safe wat eers uit die weggeruim moet word. Die rede vir die toegangshekke is voor die handliggend. Veiligheid vir die inwoners.


Dit is nie ‘n nuwe gier nie. Navorsing wys dat die ou stad Jerusalem een van die beste veiligheidsmure in die antieke tyd gehad het. Met net ‘n paar ingange, wat ook goed bewaak was.


Die tempel, wat binne die stadsmuur van Jerusalem gebou was, was nog meer beveilig – dié het ‘n dubbele muur gehad. Dit is die rede waarom Titus en sy duisende Romeinse soldate so lank gesukkel het om Jerusalem in die jaar 70nC in te palm.


En die muur van Jerusalem was gebou vir een rede: veiligheid vir die inwoners. Vandag lyk die struikrowers anders. Hulle ry karre en het wapens wat iemand se lewe onmiddelik kan beeïndig.


Daar is nog ‘n vraag wat ons sukkel om te beantwoord. Wat van ons vriende en familie wat dit nie kan bekostig om in ‘n veilige omgewing te bly nie? Die struikrowers gaan nou na hulle toe.


12 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page