top of page
Search

Menseregtedag is eintlik ‘n oopkopdag!

Updated: Apr 9, 2021

Daar is ‘n ondertoon dat heelwat mense nie van Menseregtedag hou nie. “Dit is net maar nog ‘n politieke geleentheid”, brom hulle, “wat die verlede verwyt.”” Waarvoor het ‘n mens ‘n menseregtedag nodig? Dit kom waarskynlik van ou kommunistiese denke wat nou nog leef in baie van die Afrika-regerings se denke. Op Menseregtedag vertel hulle hoe hulle altyd verneder en geminag is, en hulle gaan dit nou verander, en so poog hulle om politieke ondersteuning in te palm.”


Dit is jammer dat baie van ons by so ‘n vooroordeel vashaak. Of doodgewoon die dag of idee laat verbygaan selfs sonder om daaraan te dink. Menseregtedag is eintlik ‘n oopkopdag. Want dit gaan daaroor dat ek en jy en al die ander mense die vryheid en geleenthede van ons lewe kan bedink. En ook daaraan kan dink waar ons vryheid en regte bedreig word. Ons het geleentheid om te dink oor hoe ons die politiekgedrewe wêreld waarin ons leef, nou ervaar. En hoe die stuktuur van die samelewing dalk ander mense se regte oopmaak of inhibeer.


In lande soos Myanmar, Rusland, en China word menseregte deur sterk regeringsbesluite beperk. Dink aan die baie kulture waarin vroue se regte om gelyke mense te wees, onderdruk word. Of lande waarin mense wat nie ‘n heteroseksuele oriëntasie het nie, die minagting van ander, selfs regerings en kerke, beleef.

11 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page