top of page
Search

Wonder jy ook oor die aankondiginge?

Die aankondiginge tydens Sondae se eredienste was al voorheen onder bespreking. Eers het die taalpuriste daarop aangedring dat dit nie afkondiginge is nie, maar aankondiginge. Toe moes daar gesif word, wat mag ’n mens aankondig en wat nie? Bemarking van besighede is taboe, liefs net dit wat die gemeentelewe weerspieël moet aangekondig word.


Nou is die vraag: waar moet ons die aankondiginge op Sondae doen? Vir lank was dit voor die erediens gedoen. Nie deel van die erediens nie. Die probleem kom toe dat die aankondiginge soms te lank is, en mense se gedagtes oorheers. Die plan word toe so. Kom ons hou eers die erediens in die stemming wat deur die orrelmusiek en die ander elemente van die liturgie geskep word. Dan, as ons klaar is met die woordverkondiging en die offergawe, doen ons die aankondiginge as deel van die erediens se orde. Deel van die liturgie. Die rede daarvoor is dat nadat ons die Woord gehoor het, ons nou hoor waar ons in die week betrokke kan wees. Op die manier word die aankondiginge ‘n aanduiding vir almal wat die Woord gehoor het, wat hulle prakties in die week kan gaan doen.


Dit is hoe dit nou is. Meestal. Hoe dink jy daaroor? As jy ’n mening daaroor het kan jy gerus met enige van die dominee’s of lede van Diensgroep Erediens praat.

14 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page